16 dae gelede
Fritz oor lisensies, verkope van dop
lank toe: KroeĆ« en drinkplekke moet weer oopmaak sodat die ekonomie kan groei, meen Fritz.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

NOG 42 lisensies van drankhandelaars is opgeskort weens die oortreding van die nasionale Wet op Rampbestuur.

Albert Fritz, die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, sê die Wes-Kaapse Drankowerheid (WCLA) het 144 ondersoeke na drankhandelaars uitgevoer.

Hy sê hy verwelkom die WCLA se pogings om te help om alkoholverwante voorvalle te beveg, maar hy meen dis ook nodig dat die ekonomie weer oopgemaak word.

Geraak

Van 27 Maart tot 11 September is 144 ondersoeke gedoen en 54 sake is op die rol van die dranklisen­siëringstribunaal (LLT) geplaas.

Dit sluit die 42 lisensies in wat opgeskort is, asook 10 aansoeke wat afgekeur is en 2 wat hangend is.

“Die laaste paar maande is talle drankhandelaars soos kroeë en restaurante hard geraak deur die inperking van die verkoop van alkohol.

“Soos ons weer besigheid begin doen om die ekonomie weer te laat groei, moet ons plaaslike besighede ondersteun.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters