Verlede maand
Fritz het vrae oor army
geen impak? Mense wil weet wat die army doen.Foto: peter abrahams  ~ 

DIS byna vyf weke sedert die army op die Kaapse Vlakte ontplooi is, maar die moord­syfer bly hoog.

Volgens Albert Fritz, die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, kan inwoners met reg vra watter impak die army gemaak het.

“Patrollies vind net drie ure op ’n slag plaas. Ons moet meer inligting kry oor die planne van die army, maar dit word van ons weerhou.”

Die weermag is juis op die Kaapse Vlakte ontplooi om die polisie, metro-polisie en ander law enforcement-agentskappe by te staan.

Vroeër het die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, gebrag oor onwettige vuurwapens wat gekry is.

Hy het ook gesê dat meer as 1 000 mense met uitstaande warrants gearresteer is.

“Wat kommerwekkend is, is dat nie een van dié mense aangekla is nie,” het Fritz gesê.

“Ek is ingelig dat die meeste van die mense ná 72 uur weer laat gaan is.

“Dis omdat die verdagtes nie gelink kon word met enige misdaad nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters