8 dae gelede
Forum help sy wyk bou
BAANBREKERS: Die forum wil meer geleenthede vir plaaslike sakelui skep.  ~ Foto Verskaf

’N KONSORTIUM van konstruksiemaatskappye is onlangs in Macassar bekendgestel.

Die Macassar Business Construc­tion Consortium het reeds in 2016 begin vorm aanneem en sy lede was al betrokke by verskeie projekte in dié woongebied.

Volgens Mariana Sampson, die ondervoorsitter, is die doel van dié organisasie om ’n openbare platform te skep vir al sy lede.

Die idee is om meer werkgeleenthede in die gebied te skep. Enige projekte wat in die munisipale wyk 109 beplan word, moet dus aan die plaaslike sakelui bekend gestel word.

Sedert die begin van die organisasie vyf jaar gelede was sy lede betrokke by verskeie projekte in die woongebied.

Een van dié projekte was die bou van die Shoprite-winkelsentrum.

Onder die lede is daar ook loodgieters, verfkontrakteurs, vroue in die skoonmaakbedryf, electricians en dan natuurlik diegene in die boubedryf self.

Hulle vergader maandeliks en bied ook werksessies aan.

Mense wat meer oor die nuwe organisasie wil weet, kan die voorsitter, Jo-ann Ryan op 084 659 7905 of Mariana Sampson op 079 812 0910 kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters