6 dae gelede
Fiddle en hy fit
WAPENS: ’n Ballistiese ontleder het getuig dis moontlik om ’n patroon te modify om in ’n ander vuurwapen se chamber te pas.  ~ Foto Verskaf

’N BALLISTIESE ontleder sê dis moontlik om ’n bullet te modify sodat dit in ’n ander vuurwapen se chamber kan pas.

Die ontleder het gister in die Kaapse hooggeregshof in die Terrible Joster-verhoor getuig. Sy het al 1 500 ballistiese sake ondersoek.

Twaalf vermeende lede van die Terrible Joster-bende staan op 71 aanklagte tereg. Dit sluit moord, poging tot moord en dwelmsmokkelary in. Hulle loop sedert Augustus hof.

Die ontleder se naam word op versoek weerhou.

Haar getuienis was nie oor ’n spesifieke vuurwapen in die saak nie. Sy het ook nie toetse gedoen op vuurwapens wat met die saak verband hou nie.

Die ontleder het gister net getuig oor hoe ’n vuurwapen werk en redes gegee waarom dit dalk nie sal werk nie.

Sy het gesê dis moontlik om ’n semi-automatic vuurwapen te cock terwyl die safety mechanism aan is, maar dat dit dan nie kan vuur nie.

“As alles in orde is soos dit moet wees en die safety mechanism is af, dan moet dit vuur,” het sy verduidelik.

Die ontleder het ook getuig ’n vuurwapen kan weens verskeie redes jam.

“As die slide van die vuurwapen nie volledig toemaak nie, sal dit nie vuur nie,” het sy onder meer gesê.

Die analis het verder getuig dis moontlik om ’n kleiner kaliber patroon in ’n ander vuurwapen te gebruik.

Die staatsaanklaer het haar spesifiek gevra of dit moontlik is dat enige ander bullet behalwe ’n 9 mm-patroon met ’n 9 mm-pistool afgevuur kan word.

“Ja, die kleiner patroon moet aangepas word om in die chamber te pas,” het die ontleder gesê.

Sy het verduidelik ’n stukkie draad kan gebruik word om die onderste gedeelte van die bullet dikker te maak sodat in die chamber van die vuurwapen sal sit.

Gelaai

“Dit kan met die hand gedoen word,” het sy verder gesê.

Sy het ook getuig die bullet moet met die hand in die vuurwapen gelaai word, anders sal dit nie werk nie.

Die saak gaan vandag voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters