24 dae gelede
Fetus op trap gekry
Iets wat lyk soos 'n fetus is op 'n trap ontdek in Clarke Estate, Elsiesrivier.  ~ iStock

INWONERS van Totiusdal in Clarke Estate in Elsiesrivier het Dinsdag 'n gru-ontdekking gemaak toe hulle op 'n fetus op die trappe kry.

André Anther, ‘n inwoner, vertel sy buurman het hom geroep om te kom kyk wat op die trap lê.

Hy sê: "Toe ek kyk sien ek dit is 'n fetus, nog in 'n 'geboorte-sakkie'.

"Jy kan sien iemand het dit daar gedump, want daar was geen bloedspatsels wat aandui dat iemand daar op die trap 'n miskraam gehad het nie."

Hy noem ook dat hy enkele ure voor sy buurman hom geroep het nog buite was. Hy is toe in die huis om 'n movie te gaan kyk.

Siyabulela Malo, ‘n polisiewoordvoerder, sê: "Daar is 'n ondersoek geloods en daar is nog nie vasgestel wat dit is wat op die trap gevind is nie.

"Ons wag op 'n patoloog om te bevestig."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters