16 dae gelede
Fees se gees gaan beslis gemis word
Tamara Guliandè (21)  ~ Peter Abrahams

MET die nuus dat die Mitchells Plain-fees vanjaar gekanselleer is, het Son se verslagspan uitgegaan om by inwoners van die Plain te hoor hoe hulle oor die besluit voel.

In die algemeen voel almal dis verstaanbaar.

Maar tog is daar ook die hartseer van ’n verlore jaar van samesyn en feestelikheid, gesteel deur ’n virus wat die hele wêreld getref het.

Zelda Oncker (31) van Mitchells Plain sê sy verstaan die besluit.

Sy sê: “Mense se veiligheid is belangrik, daai verstaan ek ... maar ek dink ook aan die talle mense wat uitgesien het na die lekker dae omdat dit daai ekstra na die gemeenskap gebring het en ook hier feestelikheid gebring het.”

Riyaad Haywood (23) van Woodlands stem saam, maar sê hy is effens teleurgesteld met die besluit.

“Dis amper asof ons ’n promise aan ons kinders breek. Want hulle weet al, kom November gaan ons festival toe. Ons het nie een naweek sedert die begin uitgemis nie.

“Dis net ’n pity.”

Kevin Rozant (50) van Rocklands is een van die mense wat tydens die fees in die tuin gewerk het.

Geldjie

Hy sê dis ’n jammerte dat dit gekanselleer is.

“Daai ekstra geld wat ek gemaak het, het vir vyf jaar my familie gehelp, veral oor Krismistye wanneer daai ekstra geldjie so nodig is om almal te kan happy hou. Ons gaan dit regtig mis,” het Rozant laat hoor.

Felicity Benjamin (59) van New Woodlands sê sy gaan veral die gees mis.

“Die festival is ’n baie lekker, lieflike plek om te wees. Dit hou ook ons kinders van die straat af en daar is nooit voorvalle nie.

“Dis soos ’n saamtrek van die hele gemeenskap om te kan saamkuier. Dis hartseer dat dit weg is vir die jaar.”

Tracey Frenchman (33) van Morgan’s Village het uitgesien daarna om haar driejarige seun, Mason, na die fees te vat.

“Net die jaar dat hy oud genoeg is om dit regtig te kan geniet, is dit gekanselleer. Ek is baie teleurgesteld, maar verstaan ook hoekom.”

Die jong Tamara Guliandè (21) perform ook gewoonlik by die fees.

Guliandè meen dis ’n groot verlies vir kunstenaars.

“Ons kry al klaar nie gigs nie. Mense depend op sulke gigs in hul gemeenskappe.

“Maar soos dit nou met corona gaan, is dit ’n goeie besluit.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters