10 dae gelede
Familie klou nog aan hoop
soek: Kauther Bobbs se verdwyning het almal op high alert gesit. FOTO’S Verskaf  ~ 

MOENIE van ons vergeet nie!

Dit is die pleidooi van Shaskia Michaels se familie.

Sy het ses jaar gelede verdwyn.

Klein Shaskia was net vier jaar oud toe sy op 5 September 2013 net spoorloos verdwyn het terwyl sy buite haar huis gespeel het.

Die verdwyning het die hele gemeenskap van Mitchells Plain geruk.

Dis omdat dit ’n paar maande was nadat haar vriendin, Kauther Bobbs (5), wat twee huise weg van die Michaels-gesin in Bayern Munich-straat, Freedom Park, gewoon het, ook net spoorloos verdwyn het.

En terwyl almal aangegaan het met hulle daaglikse roetine, het die familie van Shaskia nog altyd gehoop dat sy êrens rondloop en lag.

Die klein pragpoppie met die mooiste bos krulhare sou nou al tien jaar oud gewees het.

Ouma Roslyn Farao (53) sê met die onlangse fokus op kinders en vroue het dit haar die kleintjie sommer nog meer laat mis.

“Dis soos ’n domino- effek. Elke dag hoor jy ’n kind is missing of ’n kind is vermoor gevind.

“Dit maak die ou wonde oop. Wanneer almal so bid vir justice vir die vermoorde en verkragte meisies en vrouens, vra ek om asseblief nie van ons te vergeet nie.

Eendag

“Ons lewe elke dag met daai hoop dat sy hier in gaan loop. Ek worry elke dag of sy ’n bord kos het en of sy warm genoeg is.”

Die ouma vergelyk hulle situasie met dié van Zephany Nurse se saak en voeg by sy hoop dat sy nog lewe wanneer haar klein engel weer eendag huis toe sal kom.

“Ek bid dat sy goed na gekyk word, dat sy in die hande van ’n goeie familie is.”

Kleine Shaskia se mammie, Anthea (32), sê sy voel steeds haar dogter lewe nog.

“Ek het nooit ’n vreemde gevoel gekry nie, soos hulle sê ‘a mother’s instinct’.

“So, ek weet dat sy nog lewe en om dit te weet, maak dit swaar, want ek wil net my dogter terughê.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters