6 dae gelede
Ex-lawyer loop hof vir fraud
Foto:  ~ 

DONDERDAG het ’n gewese prokureur in die Bellville-handelshof op aanklagte van bedrog verskyn.

Volgens kapt. Philani Nkwalase van die Valke is Rugaya van der Schyff op 29 Maart in hegtenis geneem op klagte van bedrog en die diefstal van trustgeld van amper R5 miljoen.

Die bedrog is gepleeg terwyl Van der Schyff (53) die oordragte van eiendomme en die registrasie van titel-aktes behartig het.

Geskrap

’n Interdik teen haar prokureursfirma is op 18 Mei 2017 bekom.

Sy is ook van die rol geskrap.

Van der Schyff het na bewering ook verskeie eien­domme gekoop.

In een van die sake word Van der Schyff saam met haar gewese man aangekla. In dié saak was na bewering 40 mense die victims.

Van der Schyff is op bail van R20 000 vrygelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters