2 maande gelede
Ete gespoil
COUPLE: Warren Williams en Crystal Sinden met die mediese verslae.  ~ Peter Abrahams

MACASSAR. – ’n Paartjie het nooit gedink hulle sou in die hospitaal beland ná ’n besoek aan KFC Killarney Gardens vir ’n family meal nie.

Warren Williams (48) het die 7 Februarie 2020 sy verloofde, Crystal Sinden (42), by die werk gaan oplaai in Montague Gardens.

Op pad huis toe het hulle by KFC Killarney Gardens gestop om ’n family meal­ te koop.

Terwyl hulle geëet het, het ’n pest controller ingestap en begin om ’n melkerige vloeistof in die KFC te spuit.

Warren vertel: “Ons was besig om die hoender te geniet, toe kom die pest controller-man daar in en begin spuit terwyl ons in die winkel sit en ons kos geniet.

“Ek het hom gevra of hy dit nou moet doen.

“Hy het my nie geantwoord nie en net voortgegaan om die melkerige vloeistof onder die toonbanke en voor en agter die cashier counter te spuit.

“Hy het dit even in die air conditioner gespuit terwyl ons en ander in die winkel was.”

Dis toe dat Sinden moeilik begin asemhaal het. Sy het gestik en gehyg na asem.

Die pest controller het toe net verder gegaan om te spuit.

Die bestuurder het niks gedoen om te help nie.

“Al wat hulle my gevra het, is of ons ’n ander family meal wil hê.”

Sinden vertel hoe sy gevoel het nadat sy die gifstof ingeasem het.

“Een oomblik sit ons en eet, die volgende oomblik kon ek nie asem kry nie.

“Dit nadat die pest controler die gifstof in die air conditioner gespuit het.”

Williams het gevra vir hulp in die winkel, maar hulle kon nie help nie.

“Hy moes my na ’n dokter neem en die naaste vir ons was die Somerset Mediclinic. Daar het hulle my gehelp.”

Verskonings

Williams probeer al langer as ’n maand om die eienaars te kontak vir ’n verduideliking en hulp met die mediese onkoste, sonder enige positiewe gevolge.

Sajeed Fakier, die eienaar van KFC Killarney, het gesê hulle weet van die klagte en het talle verskonings aangebied, sowel as om die family meal te vervang.

“Die kliënt weier om die aanbod te aanvaar. Hulle dreig om regstappe te doen.

“Ek het die klagte aan my versekering oorhandig, waarna hulle die saak verder sal hanteer. Die doktersverslag is ook aangeheg,” sê Fakier.

Williams argumenteer dat die aanbod net die vervanging van die family meal was.

“Dis nie goed genoeg nie. Wat van ons pyn en lyding wat ek en my verloofde verduur het?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters