11 dae gelede
Ernie "Lastig" no more
ernie lastig solomon
Ernie "Lastig" Solomon  ~ 

DIE alombekende en meestal berugte Ernie “Lastig” Solomon is no more.

Luidens verskeie berigte is Solomon vroeg Vrydagoggend in Boksburg aan die Gautengse Oosrand afgemaai. 

Volgens ’n video blyk dit of Solomon by ’n verkeerskruising uitgehaal is.

Sowat 11 skote is na wat verneem word op hom afgevuur.

Vier mans het op hom losgebrand. Drie ander wie saam Solomon ten tye van die voorval in die kar was, is ernstig gewond. Dit sluit ’n vyfjarige kind in.

’n Foto van Solomon wat dood agter sy kar se stuurwiel lê, het kort hierna op sosiale media gesirkuleer.

Die stukkende venster waardeur die aanvallers op hom losgebrand het, kan ook duidelik gesien word - so ook bloed en harsings wat in die kar te sien is.

Die polisie se Kay Makhubele sê ’n manhunt is op die oomblik aan die gang na die killers en dat die motief vir die voorval nog onbekend is.

Dit is tans ook nie duidelik wat Solomon in Boksburg gemaak het nie.

Solomon was oor die jare gesien as die kat met die nege lewens nadat hy verskeie aanvalle op sy lewe oorleef het.

In die mees onlangse voorval in Mei vanjaar, het Solomon en sy seun Carlo ’n hit oorleef toe daar op hulle geskiet was voor Solomon se Club Octopus in sy home town Hawston.

Solomon is vyf keer raakgeskiet en Carlo drie keer.

Jonathan “Blikke” Thomas wat ten tye van die voorval saam hulle was, is doodgeskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters