’N TAXI het gisteroggend gerol en 18 passasiers is beseer.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê dié afskuwelike ongeluk het op die R300-snelweg naby die N2-afdraai plaasgevind.
ER24-paramedici en noodpersoneel van Metro was gou op die toneel.
Hulle het die taxi gevind, met die beseerde passasiers op die toneel.
Een van die passasiers het egter in die taxi vasgesit.
Wonde
Die noodpersoneel moes spesiale toerusting gebruik om dié beseerde passasier te bevry.
Die personeel het die passasiers ondersoek en gevind 18 van hulle is beseer, met wonde wat wissel van klein tot matig.
Die beseerdes is in ’n hospitaal verder behandel.
Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. – ER24