5 dae gelede
Engels los smiles
VERLIG: Ewan Rose, Sasha-Lee Morgan en Junaid Boltman sê die Engels-vraestel was “posh”.  ~ Jonathan Lestrade

MET groot smiles op die gesigte het 2019 se matrieks hulle tweede vraestel in Engels afgehandel.

Die matrikulante van die Hoërskool Portland in Mitchells Plain kon nie ophou om oor die “posh” vraestel te praat nie.

Hulle sê hulle het so ’n lekker tyd met die vraestel gehad dat hulle bereid is om dit weer te skryf.

Sasha-Lee Morgan vertel buite die hekke die nat weer kon nie eens haar smile keer nie.

“Dit was lavish, baie maklik. Die study-werk het in my guns getel.”

Die mooi meisie spog sy gaan ’n onderskeiding vir die vak kry.

“Ek weet dit! Ek voel dit nou al – 100% vir Engels in my uitslae.”

Kaydon Cotton stem saam dat hy sonder twyfel gaan slaag, maar sê die vraestel was ’n bietjie van ’n uitdaging.

“Ja, die vraestel was maklik, maar so 40% maklik. Die res van die 60% was moeilik maar verstaanbaar. Ek is seker dat ek die vak gaan slaag, maar seker net met ’n 50%.”

Vir Tamia Moses is die vraestel iets waarvoor sy baie werk ingesit het omdat sy dit eendag in haar loopbaan gaan nodig kry.

“Ek wil my eie besigheid begin. So, ek makeer die vak. Ek moet en gaan dit slaag.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters