9 dae gelede
Employer traag met toetse, kla werkers
covid test
Foto ter illustrasie  ~ 

DIE werkers van Fidelity Cash Solutions in Parow vrees hulle dra die virus onwetend rond.

Dit kom nadat vyf van dié werkers al positief vir die virus getoets is.

Sommige werkers beweer ’n maand nadat van hulle kollegas positief getoets is, is hulle steeds nie getoets nie.

Een van die werkers het nou self griepsimptome begin kry, maar sy moes haarself maar laat toets.

Sy is tans by die huis, waar sy wag vir haar uitslae.

Die omgekrapte werker sê: “Ons is eers later in kennis gestel van die werkers wat positief getoets is.

“Dit is baie onverantwoordelik van die maatskappy om nie sy werkers se gesondheid in ag te neem nie.

“Hulle het eers nadat ek begin siek raak het nog twee werkers laat toets.”

Nog ’n werker sê: “Die kantore is nog nie eens gedeep clean nie.

Soebat

“Ons moet elke dag in trokke ry en dieselfde toilette gebruik.”

Volgens een van die werkers het die bestuur besluit om almal môre te laat toets nadat hulle al so lank soebat.

Die bekommerde werker sê: “Ek hoop nie dit is reeds te laat nie en die meeste van ons is klaar met die virus besmet nie.

“Ons het families en kinders wat direk geraak gaan word.”

Volgens Wahl Bartmann, die besturende direkteur van Fidelity Security Services is vyf werkers sover positief vir die corona-virus getoets.

Bartmann sê: “Die maatskappy hét die Parow-kantore al laat ontsmet en skoongemaak.

“Die voertuie is ook al ontsmet en Dinsdag (môre) sal die hele personeel vir die virus getoets word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters