13 dae gelede
Emaan se familie soek justice
emaan solomons,ocean view
Emaan Solomons  ~ Foto Verskaf

DIE familie van die sewejarige Emaan Solomons soek geregtigheid.

Emaan is in Februarie dood toe sy in die kruisvuur van 'n bendeskietery beland het. Eben Basson en Chivargo Fredericks, wat van haar moord aangekla word, het Dinsdag in die hof verskyn vir hul borgtogaansoek.

Azmir Oosthuizen, Emaan se pa, sê wat dit erger maak, is dat hy een van die beskuldigdes ken.

Luidens die ondersoekbeampte se beëdigde verklaring is Basson en Fredericks bendelede en het op die dag van die voorval probeer om iemand van 'n ander gang uit te haal.

Die eintlike teiken het na bewering twee dae voor Emaan se skietdood hul leier geskiet.

Die staat voer aan dat hulle hul teiken gemis en vir Emaan getref het terwyl sy besig was om met vriende te speel.

Die borgtogaansoek duur volgende week voort. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters