2 maande gelede
‘Ellen’ ruk diep
ons storie: Die egpaar sê die verhaal van Ellen Pakkies is die verhaal van so baie families op die Vlakte. Foto’s: EARL SEPTEMBER  ~ 

DIE tragiese verhaal van Ellen Pakkies is die verhaal van baie families op die Kaapse Vlakte.

Pakkies het 11 jaar gelede die wêreld geruk toe sy Abie, haar 20-jarige tikverslaafde seun, verwurg het.

Baie mense het die moordsaak gevolg.

Nou is daar ’n fliek wat lewe gee aan Ellen se vreeslike storie, wat hom al daai jare gelede afgespeel het, maar wat steeds in so baie huise ’n werklikheid is.

Die fliek het oorsee opslae gemaak.

’n Mens kon onlangs sien hoe diep die fliek die mense raak by Son se voorvertoning van Ellen: The Ellen Pakkies Story.

’n Leser wat kaartjies na die screening gewen het, sê die fliek het hom ontroer.

Die oom, wat saam met sy vrou daar was, vertel: “Dis hoe die lewe vandag aangaan. Ons kinders staan op teen hulle ouers.

“Die ouer kan dit nie meer vat nie en nou snap die ouer net. Dit is wanneer dié tipe goed gebeur.”

’n Ander leser wat ook by die screening was, was in trane nadat sy die movie gekyk het.

Sy sê tranerig: “Genade! Ek huil steeds. Ek is op die oomblik ’n emotional roller coaster. Ek het so baie emosies op hierdie oomblik. Ek is oorweldig.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters