17 dae gelede
Eks vat outjie ‘for spite’
Selle toe: Randall Berlyn word deur die cops ingebring. Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

DANKSY wakker cops is ’n ontvoerde seuntjie veilig tuis.

Die klonkie se ma se eks het hom Saterdag uit sy huis in Belhar gevat.

Volgens Candice Sobotker, voorsitter van die Western Cape Missing Persons Unit (WCMPU), het die seuntjie (4) se ma en haar eks Randall Berlyn gestry.

Sobotker was by toe die ondersoekbeampte van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele­ oortredings (FCS) Berlyn gister in Kuils­rivier vastrek.

Sy sê die eks-boyfriend en die ma het Vrydagaand stry gekry, toe brand hy haar klere uit.

Hy is toe daar weg. Maar die volgende dag was hy terug om verder te stry.

Hy is toe met die kind daar weg.

Volgens Sobotker sê die ma hy bly nooit so lank weg met die kind nie. Die ma dink hy wou haar spite deur die kind te vat.

Sobotker sê toe hulle gister die outjie gaan soek, het sy gesweer hulle gaan nie rus voordat hulle hom gekry het nie.

En toe hulle Berlyn probeer vastrek, het hy die seuntjie net so gelos en die hasepad gekies.

gekry: Die seuntjie is veilig terug by sy ma.

Sy het die seuntjie toe vinnig gegryp.

“Toe ek weer sien, toe is die ondersoekbeampte bo op die boyfriend.”

Volgens ’n polisiebron was Berlyn en die seuntjie in die naweek by sy familie in Wesbank, waar hy voorheen gewoon het.

Van daar af het hy en die kind rondgedwaal in die strate van Kuils­rivier. En dis hier waar hy gister vasgetrek is.

Sobotker sê gister was ’n moeilike dag, want hulle het na twee kinders gelyk gesoek.

Sy sê hulle het nog na die seuntjie gesoek, toe hulle hoor die ander kind is gelukkig ook opgespoor.

Son was by die Belhar-polisiestasie toe die cops Berlyn toekap. Hulle het nie ’n aanklag bevestig nie.

Die klonkie is toe hospitaal toe vir ’n ondersoek. Son verneem hy is ongeskonde.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters