Verlede maand
KYK: ‘Eks se doekom druk haar vas’
Dagboek: Berenice Andrews van Westridge document haar struggle wat sy met haar eks se images het. FOTO Verskaf  ~ 

VIER jaar nadat ’n vrou van Mitchells Plain en haar kêrel opgebreek het, treiter hy haar steeds volgens haar met black magic.

“Ek suffer in stilte. Hy stuur sy images in die aand.

“Hulle druk my vas. Soms vryf hulle my uit dat my spiere brand,” vertel Bere­nice Andrews (41) van West­ridge.

Andrews, ’n ma van drie, sê sy en ’n Moslem van Bonteheuwel het drie jaar uitgegaan.

“Hy het daai tyd al die black magic ability gehad. Hy het eenkeer iets soos ’n puisie in my gesig uitgedruk.

“Toe ek by die huis kom, was my moesie wat daar was, net weg.”

Andrews sê sy en die ou se ding het wim geword toe sy vier maande in die Lentegeur Psigiatriese Hospitaal was.

“My ma-hulle was glad nie oor hom nie.

“Hulle het nie vir hom gesê waar ek was nie, toe bly hy net weg.”

Andrews sê sy soek hulp, veral omdat niemand haar torture verstaan nie.

“Ek kry snaakse reuke. Soms pyn my niere van out of nowhere. Ek weet ek is nie siek nie. Hy lei my lewe vir my. Hy’t dit in sy hande. Dit is net plein doekom.”

Volgens Andrews het ’n Moslemvrou aangebied om haar te help om uit haar eks se kloue te kom. “Sy en haar seun doen die reiniging. Hulle vra R500. Ek is werkloos. Ek soek hulp; daarom het ek Son gebel.”

Andrews sê sy het drugs gebruik, maar sy is nou twee jaar skoon.

Andrews se ma sê hulle glo nie by haar huis aan doekom nie.

“Sy (Berenice) is ’n pasiënt by die Lentegeur-hospitaal. Sy kry behandeling vir skisofrenie.”

Andrews hou vol wat sy deurmaak, het niks met ski­sofrenie of bipolar disorder te make nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters