5 maande gelede
Eks-klerk gevonnis vir diefstal
Charlton Chad Alberts (30) is in die Vredenburg-landdroshof skuldig bevind op aanklag van diefstal.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

CHARLTON Chad Alberts (30), ’n gewese klerk van die hof in Laaiplek, is Dinsdag in die Vredenburg-landdroshof skuldig bevind op aanklag van diefstal.

Volgens die Valke het hulle Alberts op 28 Augustus 2017 in hegtenis geneem.

Hy is aangekeer nadat ’n ondersoek getoon het hy het geld verduister.

Die betrokke bedrag beloop R49 650.

Vrygelaat

Dis geld wat lede van die gemeenskap om verskillende redes aan die hof betaal het.

Alberts is op borgtog vrygelaat, maar het nooit by die hof opgedaag nie.

Nadat die hof ’n lasbrief uitgereik het, is hy op 17 Februarie vanjaar weer in hegtenis geneem.

Alberts is skuldig bevind en gevonnis.

Hy is vir drie jaar onder korrektiewe toesig geplaas en ook twee jaar gevangenisstraf opgelê wat in die geheel vir vyf jaar opgeskort is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters