2 maande gelede
‘Ek sien slegs 2 voete'

NET sand ... en twee voete.

Dis ál wat oorgebly het van die ag werkers wat Maandagmiddag in ’n ontploffing by Rheinmetall Denel Munition (RDM) in Macassar dood is.

Ses van die slagoffers was van Macassar, terwyl die ander twee in Lwandle en die Strand gebly het.

Die blast het kort voor 16:00 skokgolwe deur die ganse Macassar gestuur. Die rimpelings is tot in Pringlebaai gevoel.

Die oorsaak word nou ondersoek.

Maar volgens ’n cop wat kort ná die ontploffing op die toneel was, het die toneel soos ’n oorlogsone gelyk.

Die cop het gesê: “Ek het al baie dinge in my loopbaan gesien, maar nog nooit iets soos dít nie.

“Daar was niks oor van die double-storey gebou waarin die agt gewerk het nie. Niks!

“Al wat daar was, was sand, sinkplate, balke en ... twee voete.

“Geen ander ledemate is onmiddellik gevind nie.”

Volgens ons bron was die dubbelverdiepinggebou omring met ’n dik muur wat ontwerp is om enige ontploffings te contain.

“Daar is natuurlik baie rumours oor wat verkeerd kon geloop het in die propelling blending-afdeling, waar die agt gewerk het.

“Hulle was besig om chemikalieë te meng.

“Soos wat ek dit verstaan, was dié chemikalieë vir die vervaardiging van mortierbomme.

“So, ’n mens kan net ima­gine hoe kragtig daardie wapens moes gewees het wat daardie ouens vervaardig het.”

Lizle Davids, ma van Tristan, een van die slagoffers, het gesê sy het nooit geweet presies watse werk haar seun doen nie.

Lizle, ’n nurse, het betraand gesê: “Ek weet nie of Tristan-hulle ’n confidentiality-kontrak gesign het om nooit oor hulle werk te praat nie.

“Hy het ons nooit gesê wat hy daar doen nie.

“Maar wanneer hy uit die werk gekom het, was hy altyd pikswart van die stof.

“Ek het ook altyd die impression gekry dat hulle swaar goed rondgedra het.”

Die inwoners van Macassar het Woensdagaand soos een man opgeruk na ’n gedenkdiens in die ou civic centre.

Nagedagtenis

Oud en jonk het die saal volgepak en daar was nie plek vir ’n muis nie.

Familielede van die slag­offers het in die diens elkeen ’n kers aangesteek ter nagedagtenis aan hulle loved ones­.

In dié diens was daar geen droë oë in sig nie.

Victor Isaacs, die plaaslike raadslid, het aan die familielede gesê: “Die 3de September gaan altyd by ons bekendstaan as Tragiese September.”

’n Hartseer pastoor Adrian Manuel, wie se stem by tye gebreek het, het gesê die tragedie het die hele wêreld se aandag op Macassar ge­fokus.

“Julle is nie alleen nie. Julle pyn is ons pyn,” het Manuel aan die bedroefde familielede gesê.

Roman Koehne, ’n RDM-woordvoerder, het gesê hulle grootste prioriteit nou is die naasbestaandes van die slagoffers.

“Ons interact tans met die families en het hulle weer vandag (gister) op die site gehad.

“Ons is tans besig met intensiewe berading met hulle.

“Ons kan nie oor die oorsaak van die ontploffing bespiegel nie. Die betrokke werkers was met niks extra­odinary besig nie.”

Jamy Hendricks se meisie, Lirika George (met wit mussie op) is in sy matriekafskeid-jacket by die diens. Hulle kroos, Tiano (6) en Jamy-Lee (2) is by haar.
Die Macassar-gemeenskap bring in hulle hordes hulde aan die agt slagoffers van die onlangse RDM-ontploffing in Macassar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters