Verlede maand
‘Ek is geframe’
skool: Die voorval het na bewering hiér plaasgevind.Foto’s: bohemia jumatt  ~ 

’N LEERDER is van sy skool af weggejaag oor hy na bewering ’n mede-leerder met ’n gun gedreig het.

Die gr. 9 leerder (17) aan die Hoërskool Rusthof in die Strand is al langer as twee weke uit die skool.

Volgens sy voog, Shirley Solomons, het die skoolhoof hom weggejaag.

Solomons sê die seun word geframe.

Sy sê: “As hy ’n gun gehad het, sou ek daarvan geweet het.

“Hulle glo nou die ander kind, maar niemand het eens ’n gun gesien nie.”

Volgens die laitie het hy nog nooit die leerder met ’n gun gedreig nie.

Hy sê hy en die seun het gestry, toe die seun skielik vir hom sê: “Ek gaan nou sê jy dreig my met ’n gun.”

“Ek het vir hom gevra waarvan hy praat.

“Hy is toe na die skoolhoof en daarna het hy sy ma by die huis gaan haal.

“Die hoof het my toe weggejaag.”

Volgens Solomons het die seun laas week ’n vergadering met die hoof en die betrokke leerder gehad.

Die laitie sê hy is weer nie ’n geleentheid gegee om sy kant van die saak te stel nie.

Volgens hom is die leerder se nefies betrokke by gangsters en dreig hulle hom nou.

Solomons sê: “Die kind huil om skool toe te gaan.

“Hy wil nie by die huis wees nie. Hy wil iets van sy lewe maak.”

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê dat die voorval deur die skoolbeheerliggaam ondersoek is en die leerder dissiplinêr verhoor sal word.

Hammond sê: “Die leerder se ma is onmiddellik deur die skool ingeroep nadat die saak aangemeld is.

“Sy het met die skoolbestuur in aanraking gekom, sowel as die polisie, wat na die skool ontbied is.

“ ’n Klopjag is intussen by die skool gedoen vir veiligheidsredes.

“Die skool het met die ouer in aanraking gekom en ons wag nou vir die uitkoms van die dissiplinêre verhoor.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters