Verlede maand
Eienaar wil help
Pynlik: Die erge wonde aan Lucrecia Abrahams se been.  ~ Verskaf

DIE eienaar van die pit bull wat Lucrecia Abrahams van Eersterivier in die Kaap na bewering byna tot in haar graf gebyt het, wil dinge uit-­square.

Meghan Williams vertel sy het aangebied om Abrahams te help met haar hospitaalkoste.

Son het Vrydag berig hoe Abrahams deurgeloop het toe ’n hond haar gegryp en haar lelik aan haar arm, been en in haar sy beseer het.

Abrahams is Donderdagoggend in Eersterivier gebyt toe sy op pad was na haar ma om pille te gaan haal.

Die linkerkant van haar lyf is behoorlik verskeur.

Volgens Abrahams was daar drie van Williams se honde wat haar gebyt het.

Maar Williams glo anders en hou vol sy weet net van een hond wat Abrahams gebyt het.

Williams sê sy het met ’n swaar maar ook verstandige hart haar vierjarige hond dieselfde dag van die aanval laat uitsit.

Williams wil egter ook presies weet wat daai dag gebeur het.

Volgens die eienaar is haar hond getrain en hy sou nie sommer net sonder rede ’n mens aanval en byt nie.

Williams sê aan Son: “Ek is regtig jammer oor wat gebeur het. Dis die eerste keer dat so iets gebeur.

“Die hond was soos gewoonlik saam met my ander honde in die jaart.

“Ek weet nie, miskien het Lucrecia geskrik en gehardloop of moontlik die hond geterg.

“Dis die enigste redes waaraan ek kan dink.”

Williams ontken dat niemand uitgekom het om Abrahams te help nie

Sy vervolg: “Die neighbours was ook buite om te probeer help.

“Ons was daar om die hond van haar af te slaan. Dis dié hond wat toe na die SPCA geneem is om uitgesit te word.”

Sy voeg by dat sy persoonlik vir Abrahams na die hospitaal geneem het.

“Ek wil net graag weet wat bedoel die familie dat hulle nie dinge so gaan los nie.

“Ek meen, ek het dan gesê ons sal help. Al het ons nie baie nie, sal ons help tot waar ons kan.

“En weereens, ek is regtig baie jammer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters