2 maande gelede
Eerste skooldag baie nes voriges
Debbie Schafer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys.  ~ foto24

GISTER is derduisende melktand-kleintjies die eerste­ keer verwelkom in skole oor die provinsie heen.

Altesaam 108 325 gr. 1’tjies het hulle aangemeld vir die eerste dag van hulle skoolloopbaan.

Oral word egter gekla dat klasse oorvol is en daar is nie plek vir almal nie.

In die Wes-Kaap het 1,1 miljoen leerders van alle­ grade by hulle skoolbanke ingeskuif.

Twee Wes-Kaapse ministers­ het die Forest Village Leadership Academy (FVLA) in Eersterivier besoek. Dit was Debbie Schäfer van onderwys (WKOD) en Alan Winde van gemeenskaps­veiligheid.

By die FVLA het 119 gr. R-leerders en 168 gr. 1’s hulle aangemeld.

Schäfer het gister bevestig dat alle handboeke by die skole afgelewer is.

Sy het gesê dat skole ook meer handboeke mag bestel as hulle meer leerders inneem as waarvoor hulle voorsiening gemaak het.

Om voorsiening te maak vir groter getalle leerders het die WKOD vyf nuwe skole verlede jaar opgerig.

Probleme

Nóg een behoort in April voltooi te wees. Drie mobiele skole is ook opgerig.

Die minister het genoem die WKOD besef dat pro­bleme met die inskrywing van leerders kan opduik.

Sy het alle belanghebbende partye egter gerusgestel dat die WKOD binne die volgende 10 dae ’n beter prentjie van die situasie behoort te hê.

Schäfer was simpatiek teenoor ouers wat egter steeds sukkel om hulle kinders ingeskryf te kry.

Haar raad is: “Raadpleeg die personeel van die WKOD se plaaslike distrikskantoor om ’n oplossing te vind.”

Sy stel voor dat ouers ook die WKOD se website moet besoek. Daar sal hulle ’n lys van die distrikskantore en beamptes se name vind.

Schäfer het ouers ook gevra om ’n aktiewe rol in hul kinders se skool­loopbaan te speel.

  • Besoek die WKOD aanlyn by wcedonline.western cape.gov.za/home/FAQ/faq-index.html
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters