14 dae gelede
Eerste drie verskyn vir rooftog
HERSTEL: Konst. Clint Skippers, hier saam sy vrou, Shafieqka, veg vir sy lewe in die hospitaal.  ~ Foto Verskaf

DRIE rowers wat Donderdag in Stellenbosch in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.

Hulle word van transitorooftog op ’n geldwa van SBV in Macassar aangekla.

Die rooftog het Donderdag helder oordag by die Shoprite-winkelkompleks in Macassar plaasgevind. Die span rowers het die wa van duisende rande beroof.

Die rowers was glad nie gepla met inwoners wat ten tyde van die voorval besig was om hul shopping te doen nie.

’n Polisieman en ’n veiligheidswag is in die proses gewond en moes noodoperasies in die hospitaal ondergaan. Volgens vriende en familie van konst. Clint Skippers is hy nog in die ICU, maar hy maak goeie vordering. Hy het vyf skietwonde opgedoen.

Zinzi Hani, die Valke se woordvoerder, sê hulle ondersoek die saak.

Son het verneem dat daar 12 rowers by die rooftog betrokke was.

Die verdagtes is dieselfde dag by die taxi-staanplek in die Kayamandi-woonbuurt buite Stellenbosch vasgetrek. Daar is beslag gelê op vyf vuurwapens, insluitend drie AK-47’s, en vyf voertuie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters