7 dae gelede
Een jaar later
ONTHOU: Michaela Williams is dalk weg, maar sy is beslis nie vergete nie.  ~ Foto Verskaf

DIS nou al ’n jaar sedert die gru-verkragting van en moord op die jong Michaela Williams (12).

Al het die trane nie ophou rol nie, was dit hoop en liefde wat Saterdag by Michaela se gedenkdiens gedeel is.

Michaela is verlede jaar op 7 Januarie grusaam vermoor nadat Steven Fortune (49) haar verkrag het.

Die voorval het net meters weg van haar huis in Pelikan Park op ’n leë erf op die hoek van 9de Laan en Schaapweg, Schaapkraal, ge­beur.

Saterdag het familie­lede en vriende byeengekom om Michaela se lewe te gedenk.

Die Walking Bus-projek, familielede en vriende het die gedenkdiens gereël, vertel Candice van der Rheede van die Wes-Kaapse eenheid vir vermiste persone (WCMPU).

Volgens Van der Rheede is daar nog baie pyn in die gemeenskap sedert die moord, maar hulle glo in die genesingsproses.

“Wat met Michaela gebeur het, is iets waarvan almal wil vergeet, maar die realiteit is dat sy deur die regering gefaal is, want daai monster is iemand wat al so ’n lang lys misdade teen sy naam het. So, teen sulke dinge moet ons baklei. Ons kan nie net vergeet nie.”

Vlieg

Van der Rheede het ’n boodskap met Michaela se mamma gedeel en haar be­lowe dat sy altyd ondersteuning sal hê.

“Michaela was almal se kind. Almal het haar so lief gehad. So, selfs al was dit net 12 jaar wat ons haar gehad het, het ons haar gehad. Onthou, sy vlieg nou hoog tussen die engele.

“Ons voel dalk nou nog die pyn, maar ná die pyn sal ons gemaklik voel om haar lewe te vier, want dis waarvoor sy gelewe het, om die liefde te versprei.”

ALMAL NEEM DEEL: Michaela se familie, vriende en inwoners het ’n memorable gedenkdiens gehou. Foto Verskaf

Van der Rheede verduidelik Michaela se killer het misdaadrekords vanaf 1984.

“Die hele gemeenskap is vir ’n ride gevat toe hy daai tyd release is, maar ek is bly daar is baie geraas gemaak, want toe confess hy.”

Verwurg

Fortune het met sy arrestasie bos gelos oor die gedoente van die dag en inligting gedeel oor wat gebeur het.

Volgens Fortune het hy Williams opsetlik verkrag en vermoor deur haar met sy hande en haar klere te verwurg.

Hy het daarna twee bakstene op haar kop laat val om seker te maak sy is dood.

Fortune verskyn weer op 29 Januarie in die hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters