17 dae gelede
Een dood toe kar in Elsies rol
kar
Een man is Sondag dood in 'n ongeluk in Elsiesrivier.  ~ ER24

EEN man is dood en vier ander mense beseer toe 'n kar in Elsiesrivier gerol het.

Met die paramedici se aankoms Sondagmiddag op die toneel in Elsiesrivierweg het hulle die motor in die middel van die pad gevind.

Die pasiënte rondom die voertuig is ondersoek en daar is gevind dat 'n man in sy 30's noodlottige beserings opgedoen het.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Twee mans en 'n vierjarige seun was ook met ernstige beserings op die toneel gevind. Nog 'n vrou het ook matige beserings opgedoen.

Die pasiënte is behandel vir hul beserings en na nabygeleë hospitale genoem vir verdere behandeling. - ER24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters