Verlede maand
Eben sleep voete

“PAPA wag vir die Spring­bokslot Eben Etzebeth...”

Só meen die Khoisan De­fiance­ Campaign (KDC) nadat Etzebeth die howe ge­nader het sodat die gelykheidshof die saak teen hom van die rol kan skrap.

Vriende

Ná sy eie ondersoek het die Suid-Afrikaanse Mense­­regtekommissie (SAMRK) die saak by die gelykheidshof in Hopefield aangemeld.

Son het vroeër berig Etzebeth is die main beskuldigde in ’n saak van haatspraak en ernstige aanranding van twee mans op 24 Augustus in Langebaan.

Daar word beweer Enver Wilsnach en Siyaad Smith is toe deur Etzebeth, ’n familielid van hom en sy vriende aangerand.

Verder word beweer Etzebeth het dié twee gegun­point en gevra: “Wat soek die h*tn*ts buite?”

Die Springbokslot het kort voordat hy saam met die Bokspan vir die World Cup Japan toe gevlieg het, gesê dié bewerings is vals.

Etzebeth het die SAMRK vandeesweek hof toe gesleep. Hy het die Johannesburgse hooggeregshof gevra om die saak teen hom te hersien en dit van die rol te laat verwyder.

Sammy Claassen, ’n KDC-woordvoerder, sê egter Etzebeth moet nog sy onskuld in die gelykheidshof bewys.

Claassen sê die KDC gaan die hooggeregshof vra om namens die slagoffers ook by die saak ingesluit te word sodat hy die victims se kant van die voorval kan stel.

Hy sê verder: “Etzebeth se beëdigde verklaring aan die hooggeregshof is baie belangrike getuienis.

“Sy (Etzebeth se) erkenning dat hy die aand van die voorval op die toneel was, bevestig die eerlikheid en geloofwaardigheid van die slagoffers, wat hom en sy broer en vriende as die aanvallers geïdentifiseer het.”

Volgens Claassen is Etzebeth se aansoek by die hooggeregshof net ’n delay tactic en ’n poging om die saak teen hom te laat ontspoor.

Hy verklaar: “Ons sal die hof vra om sy aansoek te verwerp as onwettig, oneerlik, desperaat en met g’n meriete en wetlike regverdiging nie.”

Claassen beweer ook: “Etzebeth wil deur die ondersoek met sagte hande behandel word en moontlike vervolging vermy.

“Ons is van mening dat daar genoeg wetlike meriete en ’n prima facie-saak is om sy vervolging te regverdig.

“Ons doen ’n beroep op Etzebeth om van die Wêreldbeker-toernooi terug te keer en die strafregtelike sowel as die gelykheidshofsaak te face ...

“Papa wag.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters