Verlede maand
Dwaalkoeëls tref twee jong seuns
'n Sesjarige seun is in die voorval gewond,  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

’N SESJARIGE seuntjie van Manenberg is gewond toe ’n dwaalkoeël deur hul wendyhuis gegaan het.

Dié voorval het Woensdagmiddag in Scheldt Walk plaasgevind. Die outjie is in sy agterstewe gewond.

In dieselfde skietvoorval is ’n 17-jarige seun ook gewond. Hy is in die gesig geskiet en het op die sypaadjie gelê.

Volgens inwoners het ’n groep mans by Scheldt Walk gesit en ’n ander groep mans het verby geloop. Die een groep het op die ander begin skiet.

Die seun is gewond toe hy in die gangsters se kruisvuur beland het. Inwoners moes vir die koeëls koes en weghardloop om skuiling te vind.

Die verdagtes het van die toneel af gevlug en niemand is nog gearresteer nie. Volgens kapt. Ian Bennett, ’n polisiewoordvoerder by Manenberg-polisiestasie, is twee sake van poging tot moord geopen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters