3 dae gelede
Dwaalkoeël tref seun in die rug
Crime Scene
 ~ 

GEBEDE doen omtrent die rondte op sosiale media vir 'n vinnige herstel van 'n 13-jarige seun na 'n skietvoorval in Philippi. 

News24 berig dat Declyn Wippenaar is Maandag omstreeks 16:30 deur 'n dwaalkoeël in die rug gewond, terwyl hy besig was om buite sokker te speel.

Yaseen Johaar, koordineerder van die GPF, sê dit is onduidelik of die skietery bende-verwant is of nie.

"Daar is 'n vermoede dit kan bende-verwant wees. Dalk is hy in die kruisvuur raakgeskiet.

"Die skieter kon ook na bewering in die lug geskiet het, toe Wippenaar getref is." 

Intussen bevestig kapt. F.C. van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, die voorval en vra dat enige persoon met inligting die ondersoekbeampte, sers. Mveleli Kedama bel by 021 6901517

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters