Verlede maand
Dwaalkoeël eis jong ma se lewe
MISDDAADTONEEL: ’n Vyftienjarige seun is Maandagaand in Lavender Hill by Ashley Court raakgeskiet.Foto: LEON KNIPE  ~ 

DIE bloed het gister omtrént gevloei in Lavender Hill.

’n Vrou is doodgeskiet en twee mense gewond binne ’n paar uur van mekaar.

Amelia Williams (25), ’n ma van twee, is gister 06:10 deur ’n dwaalkoeël in die bobeen gewond by Stone Court.

Williams is met ’n ambulans na ’n plaaslike daghospitaal geneem, waar sy dood is.

’n Paar uur later is ’n ander vrou deur ’n dwaalkoeël getref in haar eie huis. Sy is in die arm gewond.

Dít het gekom nadat ’n 15-jarige seun Maandagaand in Ashley Court gewond is.

Die seun is in die nek gewond. Hy is met ’n privaat motor hospitaal toe geneem.

Amelia Williams
gewond: Amelia Williams het nog gelewe nadat sy geskiet, maar het later in die hospitaal beswyk. Foto: LEON KNIPE

Amelia se ma, ­Petronella (61), vertel haar dogter was op pad winkel toe toe sy raak geskiet is.

Williams sê: “Ek het die skote gehoor en twee minute daarna het die kinders kom sê Amelia is geskiet.

“Toe ek op die toneel kom, het sy in ’n plas bloed gelê.

“Sy het nog gepraat en my hand vasgehou. Sy was in baie pyn en is met die ambulans na die Retreat-daghospitaal geneem.”

Amelia is kort daarna dood.

Inwoners van Lavender Hill het gister die gebied as ’n red zone beskryf.

Losgebrand

Hulle het Son se verslagspan gewaarsku om weg te bly, al is daar ’n groot polisieteenwoordigheid.

SAD: Petronella Williams (61) vertel oor haar dogter Amelia Williams (25) wat gister doodgeskiet is in Lavender Hill.Foto: JONATHAN LESTRADE
Amelia Williams

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê Amelia en drie vriende het by Stone Court gestaan toe drie onbekende mans verbygekom en op die vriende losgebrand het.

Die mans het toe gevlug.

Van Wyk sê: “Sy is in die regterbobeen getref en na die hospitaal geneem. Sy het later in die hospitaal gesterf.”

  • ’n Man is Maandagaand dood en nog een gewond in ’n skietvoorval in Manenberg.

Abduraghmaan Arendse (34) en ’n vriend (27) is deur onbekende mans geskiet in Storm­rivierstraat. Arendse is in die hospitaal dood en sy pel wat in die rug gewond is, is in ’n ernstige toestand.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters