5 maande gelede
Dwaalkoeël dood uplifter
Brandon SolomonsFOTO verskaf  ~ 

HY IS doodgeskiet terwyl hy gedoen het waarvoor hy lief was.

Vir die familie van Brandon Solomons (37) van Clarke Estate in Elsiesrivier is dit baie moeilik om oor sy dood te kom.

Die pa van sewe is Sondagmiddag op ’n veld in Clarke Estate doodgeskiet terwyl hy besig was om ’n sokkerwedstryd te referee.

Solomon was lid van die Elsiesrivier-sokkerklub en het gereeld as blaser opgetree.

Sy gebroke suster, Chesline Solomons, sê haar broer het ’n groot passie gehad vir sokker en om kinders met dié sport besig te hou sodat hulle op iets positiefs kon fokus – pleks van met bendes en dwelms deurmekaar raak.

“Hy was altyd opgewonde wanneer hy ’n sokker-match moes referee en die kinders was altyd happy om hom te sien.

“Sondag net so ná 16:00 was Brandon op die veld besig om die game te blaas toe die skote begin klap tussen twee gangs in die gebied.

“Mense sê hy het die wedstryd gestop sodat almal van die veld kon afkom, en dís toe hy deur ’n dwaalkoeël getref is,” vertel Chesline.

Met hul aankoms by Brandon kon hulle sien hy is een keer deur die oog geskiet.

Brandon se familie beplan om ’n sopkombuis in sy naam te begin.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters