6 maande gelede
Dubbele selfmoord ná stryery
Siyanda Nabela (20)  ~ Foto Verskaf

CLANWILLIAM is in rou nadat twee broers drie dae uitmekaar selfmoord gepleeg het.

Volgens inwoners van die dorpie het ’n onderonsie verlede Saterdag tussen Sinethemba en Si­yanda Nabela met hulle suster in ’n fight ontaard.

Sinethemba (20) het van die fight weggehardloop en hom toegesluit in die huis waar hy en sy sibbes gewoon het.

Toe die familie by die huis kom, het hulle op sy lyk afgekom waar dit gehang het.

Uitken

Die suster is in die hospitaal opgeneem en later na die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas.

Son verneem die ouers en die meeste van die familie woon in die Oos-Kaap. Siyanda het Dinsdag sy broer se lyk gaan uitken.

Toe van die gemeenskap Woensdag by die huis in Sewejaartjiestraat opdaag, het hulle bevind dat Siyanda (29) homself ook gehang het.

Raadslid Hein Maxwell het sy medelye met die familie uitgespreek.

In ’n post op Facebook skryf hy: “Die Nabela-broers het Clanwilliam tot stilstand gebring en ons harte in stukkies gelaat.

Moedig

“As ’n priester in die kerk is ek verpletter. Ons hart is swaar. Ek kan my net hulle ouers se hartseer indink.

“Om so ver te kom om begrafnisreëlings vir jou een seun te reël en dan te hoor die ander een het ook selfmoord gepleeg.”

Hy moedig jong mense aan om met hom te praat as hulle probleme het.

’n Nadoodse ondersoek is geopen, sê Mihlali Majikela, ’n polisiewoordvoerder. Die broers word dié naweek in die Oos-Kaap begrawe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters