5 maande gelede
Druppels vir drink blus vuur
bitter skaars: Maria Sias en Joann Johannes wys hoe 21 huishoudings soggens en saans by een kraan moet water tap.Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

DIS ’n tweestryd wat dadelik opgelos moet word.

Moet die kosbare water gespaar word, of moet die dreigende brand daarmee geblus word?

Inwoners van Ysblokke in Simondium was die naweek vreesbevange dat die vuurtonge van ’n brand wat in die veld uitgebreek het, hulle woonplekke gaan verswelg.

Die mense moes hulle laaste bietjie kosbare drinkwater gebruik om die vuur te blus.

“Die vuur kon na ons wonings versprei het as ons nie onse laaste water gebruik het nie,” vertel die 49-jarige Joann Johannes.

Mense hier maak ’n bestaan op ’n drupstelsel, wat beteken hulle het baie beperkte water tot hulle beskikking.

swaar dra: Joann Johannes is nou al siek en sat daarvan om soggens en saans water te karwei.

Soggens en saans kan inwoners vir niks meer as twee ure nie water uit die kraan kry.

Mense moet vroeg opstaan vir ’n plek in die lang rye sodat elkeen darem sy paar houers kan volmaak vir die dag se gebruik.

Volgens Johannes is daar nou sedert gisteroggend nie ’n druppel water in die krane nie.

Sy vertel baie van die in­woners is pensioenarisse of het die een of ander mediese toestand. Daar woon ook kindertjies.

“Die min water is baie onhigiënies. Die wasgoed en skottelgoed hoop op omdat ons nie baie water het om gereeld te was nie,” vertel Johannes.

Vir haar was die water­beperkings nooit ’n probleem nie.

“Ons kon gelewe het op die 50F per dag, maar nou het hulle te ver gegaan,” kla sy.

Stellenpak, die vrugtefabriek aan die oorkant, is na bewering verantwoordelik vir die verskaffing van water aan die inwoners. Dit kom vanaf ’n boorgat.

Volgens die inwoners gaan die meeste van die water aan die fabriek, terwyl hulle met bietjies water moet suffer.

Joan Herman (75) voel dit is nie reg wat hulle moet deurmaak nie.

“Ek moet ’n bakkie water gebruik om die toilet te spoel,” vertel sy.

Herman sê ook sy voel skaam om haar kuiergaste so te onthaal.

Inwoners voel bitter ongelukkig omdat hulle die feestyd só moet ingaan. Hulle voel hulle menswaardigheid word geskend en dink die situasie is onaanvaarbaar.

Robert Saunders sê die water­stelsel is verlede jaar ingestel en sedertdien is dit hoe dinge is.

Saunders is bestuurder van Stellenpak.

Betaal

Omdat die maatskappy die koste dra, kry die fabriek die meeste water.

Saunders sê op sy beurt die inwoners het nee gesê vir die voorstel om watermeters in te sit sodat elkeen vir sy eie watergebruik kan betaal.

“Stellenpak is bereid om te help, maar ons wag vir die inwoners om met oplossings na vore te kom.

“Daar gaan koste aan verbonde wees.

“Ons wil weet wat hulle gaan doen om te help,” het Saunders gesê.

Volgens Saunders kan inwoners na die munisipaliteit gaan as hulle ekstra water wil hê.

Hulle sal dan daarvoor moet betaal.

Soek hulp:Inwoners is ongelukkig oor hoe hulle behandel word. (Links) Elizabeth Dirks (44) en Joan Herman (75).

Robert Saunders, bestuurder van Stellenpak sê die waterstelsel is verlede jaar geïmplementeer en sedertdien is dit die toestand. Omdat die Stellenpak die finansiële kostes dra, kry die fabriek dus die meeste water.

Saunders beweer dat inwoners nee gesê het vir die voorstel om watermeters in te sit sodat elkeen kan betaal vir sy eie watergebruik.

“Stellenpak is bereid om te help, maar ons wag vir inwoners om na vore te kom met oplossings.

En daar sal ook kostes aan verbonde wees.

“Ons wil weet wat hulle gaan doen om te help,”

sê Saunders.

Volgens Saunders kan inwoners na die munisipaliteit gaan indien hulle ekstra water wil hê en hulle sal dan moet betaal daarvoor.

Inwoners is bitter ongelukkig omdat hulle die feesseisoen so moet ingaan.

Hulle voel dat hulle menswaardigheid geskend word en dit is onaanvaarbaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters