Verlede maand
Druip dryf kind na selfmoord
 ~ 

'N GRAAD 10 leerder by 'n skool in die Vaalrivier het Woensdag probeer selfmoord pleeg, nadat hy uitgevind het hy druip.

Die tienermeisie het vermoedelik aan onnies en van haar maats genoem sy wil haar eie lewe neem en later by die huis rottegif gedrink. 

Steve Mabona, 'n woordvoerder van die departement, sê: "Ons is verlig daar kon vinning met die leerder na die hospital gejaag word en dat sy lewe."

Dr. Ken Resnick, 'n opvoedkundige sielkundige, noem: "Daar is gewoonlik talle redes waarom iemand op so 'n jong ouderdom selfmoord wil pleeg.

"Daar is geen geïsoleerde rede, waar die leerling die vorige dag gelukkig was en die volgende dag besluit om selfmoord te pleeg nie. Sy het net nie verwag dat sy graad 10 sou druip nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters