Verlede maand
Droomhuis ‘is ’n nagmerrie’
KYK DAAR: Wendy October sê haar nuwe huis is in ’n onbewoonbare toestand.  ~ Peter Abrahams

“DIÉ huis is veronderstel om my joy te wees, maar dit gee my meer stres en probleme as enige iets anders.”

So kla Wendy October (55) van Macassar waar sy in die voorkamer van haar splinternuwe huis in Hannah Magermanweg staan.

“Ek is jammer vir hoe die huis lyk,” maak October verskoning terwyl sy mop.

October sê sy is mooi dik van die toestand waarin haar huis is. Sy het die erf verlede jaar gekoop en omtrent twee maande gelede by die drieslaapkamerhuis ingetrek.

Dis waar sy haar lewe oor sou begin het, sê October, maar nou is haar drome by die venster uit.

“Ek het baie lank vir die huis gewag. Dit was my trots, maar ek kry nou geen joy daaruit nie!” kla sy.

“Van die begin af was daar probleme – die hele back and forth met die ontwikkelaar.

“Maar ek het die ontwikkelaar ’n kans gegee, want dis die tipe mens wat ek is.”

En toe stel dié vir October in elk geval teleur. Sy vertel: “Ek het oor die R500 000 kontant betaal vir iets wat soveel snags het.

“Die deure is skeef; dit reën in; die vloere lê skeef; die dak in die voorkamer is nog nie klaar nie en daar is niks plumbing of electricity nie.”

October sê sy is moedeloos omdat die ontwikkelaar, Jaco­ Calitz, omtrént leë beloftes gemaak het en sy sukkel om hom in die hande te kry.

“As ek hom in die hande kry, sal ek net wil weet hoekom hy mense so behandel.” sê sy.

“Hoe kan hy my die go ahead gee om in te trek in ’n huis wat in so ’n toestand is?

“Ek wil ook weet wanneer hulle uitkom om reg te maak, want ek soek my sertifikate!”

Calitz sê egter hy het al alles gedoen om October te help. Hy meen October is onredelik.

Calitz stel voor dat sy nou maar haar concerns aan die bedingingsraad vir die boubedryf, die Nasionale Registrasieraad vir Huisbouers (NHBHC), moet voorlê.

TELEURSTELLING OP FONDASIE: Wendy October sê haar nuwe huis gee haar slapelose nagte. Foto: Peter Abrahams

Hy sê: “Al verstaan ek Wendy se probleem, is daar prosedures wat gevolg moet word.

“Ek het alles gedoen om haar te help. Volgens die bouinspekteur moet ek nog drie goedjies doen, en ek gaan dit doen, maar ek is nie die bouer nie.

Uitgestuur

“Ons lieg nie en ons bedrieg nie.”

Calitz voeg by dat hy sy manne gister uitgestuur het om die huis weer uit te check.

Hy sê: “Ek is hier en gaan nie weghardloop nie, maar sy moet kalmeer. Ek gaan dit uitsorteer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters