2 maande gelede
Droom ’n flop
Zeke­ Wareley het nie eens krag gehad om te smile nie. FotoVerskaf  ~ 

ZEKE Wareley (17) van Charlesville sê sy matriekbal is in die wiele gery deur ’n motorhuurmaatskappy.

Wareley sê hy sien al jare lank daarna uit om ’n spog-entrance by sy matriekbal te maak.

Maar die wiele waarin hy graag wou ry, was twee uur voor die bal glo in ’n ongeluk en hy moes tevrede wees met ’n “outydse kar”.

“My droom was om in ’n Maserati op te daag met my partner. Ons het dit twee maande voor die matriek- bal by Jayzee Shuttles gehuur en R2 000 betaal.

“Ek het rêrig uitgesien daarna.

“Alles het goed afgeloop tot twee uur voor die bal, toe hy ingelig is die kar was in ’n ongeluk,” sê die matrikulant.

Volgens Zeke het Justin­ Zietsman van Jayzee Shuttles belowe om sy R2 000 terug te betaal en ook ’n ander kar te stuur.

Maar dit is niks wat hy verwag het nie.

“Toe daag daar ’n Chrysler op.

“Vir ons youngsters­ is ’n Chrysler outyds. Dit is nie die moderne kar wat ek en my partner wou hê nie!

“Ek was super stressed­. Dis ’n dag wat net een keer in jou lewe gebeur. Ons sal dit nooit weer terugkry nie.”

Behalwe die teleurstelling het Zeke en sy suster, Chevonne­ Manuels, ook gesukkel om die R2 000 terug te kry.

Volgens Manuels­ het Zietsman twee bottels perfume en ’n stukkie rooi mat vir hulle gegee om sorry te sê.

“Hy het ook vele verskonings gemaak oor hoekom hy nie die geld terug kan betaal nie.

“Eers was sy suster in die hospitaal en toe weer dat ons skielik die kar vyf uur gebruik het, wat nie waar is nie.”

Toe Son Zietsman Vrydag kontak het, hy gesê Manuels mors sy tyd.

Ná omtrent 30 minute het Zietsman teruggebel en gesê hy het Manuels se geld inbetaal. Hy wou ook weet of Son steeds met die storie aangaan.

“Ek het eers twee uur voor die matriekbal van die Maserati se ongeluk uitgevind.

“Maar ek het twee bottels perfume van R400 en ’n rooi mat verniet aan hulle gegee.

“Hulle het op die dag gesê hulle is gelukkig.”

Zietsman het ook Son met lawyers gedreig. “My naam beteken baie vir my. Daai Chrysler is R1 miljoen werd,” sê Zietsman.

Manuels sê wat Zietsman gedoen het, is verkeerd.

“Dit gaan nie net oor die geld nie, dit gaan oor ordentlike diens.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters