25 dae gelede
Droom is so naby, en so ver
vat so! Mustaqeem Abrahams wys hoe.Foto’s: jonathan lestrade  ~ 

MUSTAQEEM Abrahams (16) het groot sokkerdrome.

En nou het hy die geleentheid om aan ’n sokker­toernooi in Argentinië deel te neem.

Dis net, Mustaqeem van Beacon Valley in Mitchells­ Plain het nie genoeg geld daarvoor nie.

Dis ongelukkig ’n probleem­ wat so baie ander­ jong, talentvolle sportmanne en -vroue het.

Dié striker is vir sy klub, Bayview in Strand­fontein, gekies om aan ’n o. 17-toernooi deel te neem.

Mustaqeem sê: “Dit kos R27 000 en ons moet 21 Julie vlieg. My groot droom is om vir Manchester United te speel.”

Dié gr. 11-leerder van die Hoërskool Spine Road sê hoewel City sy team is, is hy ’n groot bewonderaar van die Brasiliaanse ster-speler Neymar van Paris Saint-Germain.

Mustaqeem sê dis omdat­ Neymar beroemd geword het nadat hy swaar gekry het as ’n kind.

Bendebedrywighede en dwelmmisbruik is volop­ in Beacon Valley, maar hy loop nooit ’n oefening mis nie.

Sy ma, Shaheema (41), sê: “Ek en my man werk nie, maar ek verkoop tjips-en-tjop rolls om te oorleef.

“Ons pwasa nou. So, ons kan dié goed nie nou doen nie (tjips-en-tjop rolls).”

Sy sê hulle hoop hulle kan ’n borgskap vind vir hulle seun, wie se lewe om sokker draai.

Shaheema sê hulle beoog om ’n karaoke te hou om geld in te samel. 

  • Diegene wat Mustaqeem wil help, kan Shaheema gerus bel by 064 142 3193 of sy antie Narriman Abrahams by 074 513 9200.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters