Verlede maand
Droë festive pla hulle nie
CYRIL
OORWEEG: Die prez gaan eersdaags saam met die nasionale corona-virus-beheerraad besluit of dit ’n droë festive vir drinkers gaan wees.  ~ Foto: Netwerk24

“’N DRANKVERBOD sal ons in die komende feestyd goed doen.”

Só meen sommige Sonlanders oor nuus dat pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek met die nasionale corona-virus-beheerraad en die kabinet gaan vergader om na verwagting ’n tweede drankverbod te bespreek.

Ramaphosa sê Maandag in sy weeklikse brief: “Terwyl ons voortgaan met ons geveg teen die corona-virus, kan ons nie die ander uitdagings ignoreer wat ons gesondheidstelsel die hoof moet bied nie.”

Dít kom nadat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, verlede week bevestig het dat dié provinsie tans ’n tweede golf van die pandemie ervaar.

Winde het ook weer die provinsiale regering se weeklikse strategiese vergaderings oor corona-virus laat hervat om die oplewing van die virus te hanteer.

Hy sê die provinsiale regering oorweeg verskillende maniere om die oplewing te pak.

Gedrag

Winde voeg egter by: “In hierdie sta­dium is daar nog geen besluite geneem rakende gelokaliseerde beperkings nie.

“Ons sal regsadvies inwin aangesien die ramp-beperkings onder die nasionale regering val, nie provinsiale regering nie.

“Ek moet herhaal die hoofprioriteit is om ’n lockdown, wat die ekonomie sal verwoes, te vermy.

“Die beste en vinnigste manier om dit te doen, is dat individuele, besighede en civil society­ hul rol speel deur hul gedrag­ te verander.

“Ons moet verseker dat almal hul maskers dra. Ons moet skares en nie-noodsaaklike byeenkomste vermy.”

Luidens Dinsdag se syfers is daar 131 269 bevestigde corona-virus-gevalle in die provinsie. Altesaam 116 915 mense het van die virus herstel en daar is tans 10 057 aktiewe gevalle, waarvan 1 104 in die hospitaal opgeneem is en 190 in die ICU.

Meer as 4 670 mense in die provinsie het tot dusver aan Covid-19 gesterf.

Help

Son het gister inwoners van Mitchells Plain gevra hoe voel hulle oor ’n moontlike tweede alkoholverbod.

Hulle meen die verbod sal help om ’n styging in Covid-syfers te stuit.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters