2 maande gelede
Droë eid vir huishouding
net lug: Die Stad Kaapstad sê Latiefah van Rheenen skuld R300 000.Foto: Foto24  ~ 

OU WATERSKULD het veroorsaak dat ’n gesin van Atlantis Woensdag ’n droë Eid verduur het.

’n Huilende Latiefah van Rheenen vertel aan Son dat sy en haar gesin dié heilige dag vir Moslems moes oorslaan daaroor.

Van Rheenen sê dié waterskuld het oor 40 jaar opgehoop, sedert sy nog ’n huurder in die huis in Kiewietlaan in Robinvale, Atlantis, was.

Sy sê sy het dit vyf jaar gelede gekoop en dat die water­rekening nou byna R300 000 is.

Van Rheenen sê: “Ek en my jongste seun woon in die huis en my oudste seun en sy vrou woon agter in die jaart. Hulle woon nog nie ’n jaar hier nie.

“Ons kon nie kos maak vir Eid nie, want daar is nie water nie. Die water wat ons by bure gekry het, is op.”

Van Rheenen sê boonop het sy al twee dae lank erge diarree, wat beteken sy het die badkamer dus meer as gewoonlik nodig.

Sy vertel: “Ek was ’n paar keer by die Stad Kaapstad se kantore in Atlantis.

“Ek was ook al by die DA en ANC se kantore, maar niemand kan my help nie.”

Van Rheenen sê die agterstallige skuld behoort afgeskryf te word.

Sy voeg by: “Ek het nog nie eens die kooppapiere geteken nie en sukkel ook om die huis op my naam te kry.”

Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Xanthea Limberg, sê Van Rheenen het nie gereël om haar skuld te betaal nie, maar “sy kry wel 200F per dag”.

Volg Shantel Moses op Twitter.

Stuur nuuswenke aan info@son.co.za.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters