13 dae gelede
Drie verdagtes in hof ná rooftog
BETER: Min. Bheki Cele (regs) en Shafieqha Skippers by haar man, Clint.  ~ Foto Verskaf

DIE minister van polisie, Bheki Cele­, het Sondag speursers. Clint Skippers in ’n hospitaal in Somerset-Wes besoek.

Skippers is in die hospitaal opgeneem nadat rowers hom Donderdag in Macassar gewond het. Hy is na verneem word vyf keer in die rug getref.

Son het Vrydag op die voorblad berig oor die wilde drama wat hom helder oordag in Macassar afgespeel het.

Volgens familie van Skippers is hy Sondag uit die ICU na ’n gewone saal oorgeplaas. Hy maak goeie vordering.

Uitgestel

Drie van die verdagtes, Milton Vundla, Simosakhe Ngxono en Sakhumzi Mancipha, het gister in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.

Die verdagtes is dieselfde dag van die rooftog by die taxi-staanplek in Kayamandi, Stellenbosch, in hegtenis geneem.

Die saak teen hulle is tot 13 en 14 Mei vir ’n borgtogaansoek uitgestel.

Die drie bly intussen in aanhouding.

Inwoners in Macassar wat met Son gepraat het, sê hulle is bly vir die polisie se vinnige optrede en dat van die rowers agter tralies is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters