15 dae gelede
Drie vas oor wapen, gesteelde kar
HET JULLE! Die verdagtes nadat hulle uit die gekaapte kar geklim het.  ~ Foto Verskaf

DIE flinke optrede van die polisie het daartoe gelei dat drie verdagtes gevang is vir ’n gesteelde kar en onwettige vuurwapen.

Die cops het Dinsdag in die Nyanga-omgewing gereageer toe hulle ’n tip-off ontvang het. Hulle het ’n grys Toyota Corolla wat in die Mfuleni-gebied gekaap is, op die Faure-pad opgemerk.

Die lede het die voertuig agternagesit en dit reggekry om die kar in Spine Road van die pad af te trek.

In die jaagtog het die cops opgemerk hoe die Toyota stadiger ry. Toe gaan die voorste passasiersdeur oop en ’n vuurwapen word uitgegooi.

Die voertuig het toe van die pad afgetrek en die drie insittendes het hul hande deur die vensters gewys.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die cops het die verdagtes toe een vir een uit die kar laat klim, waarna hulle verder deursoek is.

Geformuleer

Die vuurwapen wat uit die kar gegooi is, is ook opgetel.

Dit is ’n 9 mm-pistool wat ses patrone bevat het.

Al drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Van Wyk sê hulle sal eersdaags in die hof verskyn sodra die aanklagte teen hulle geformuleer is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters