12 dae gelede
Drie vas ná roof by drankwinkel
Ongeluk
Drie van die verdagtes het 'n ongeluk in Lwandle gemaak.  ~ Facebook

DIE polisie in die Strand is op soek na twee verdagtes wat Dinsdag ’n drankwinkel in die Strand beroof het.

Kol. Andrè Traut, 'n polisiewoordvoerder, sê vyf gewapende rowers het omstreeks 18:40 'n drankwinkel in Strandweg beroof. 

"Die vermeende diewe het met kontant, sigarette en persoonlike besittings in 'n BMW gevlug.

"Die polisie het die motor opgemerk en tydens 'n jaagtog het die BMW 'n ongeluk in Lwandle gemaak."

Volgens Traut is drie verdagtes gearresteer en die gesteelde items is teruggevind. Die polisie het ook beslag gelê op drie vuurwapens.

Twee ander verdagtes het per voet gevlug.

"Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in die Strand verskyn." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters