11 dae gelede
Drie shine in hul etenstyd

“MUSIEK help my asemhaal”.

Só sê Christopher Gilbert (23) van Kalksteenfontein wie se passie vir musiek op die jong ouderdom van 11 in die kerk begin het.

“Ek kom uit ’n community waar daar rêrig eintlik niks hoop vir ons youngsters is nie, so ons moet ons eie pad oopmaak,” sê hy.

Gilbert sê toe hy in die kerk begin sing en sy talent in sy gemeenskap raakgesien is, het hy besluit dis wat hy wil doen: musiek maak en sing.

Vasklou

“Musiek was altyd my uitgangspunt.

“Dit het my gehelp deur my omstandighede, ’n pa wat ’n gangster was en ’n ma wat op drugs was.

“Musiek het my ’n rede gegee om hier te wees. Dit is hoekom ek vasklou aan my talent.”

Hy meen as musiek hom kon help, kan dit ander ook help.

Gilbert se droom is om dit groot te maak in die bedryf.

“Dit is tough vir my, maar ek wil ’n inspirasie wees vir jong mense wat in dieselfde omstandighede is,” sê hy.

Gilbert en twee van sy kollegas by ’n stoorfasiliteit in die Kaap, Tyrone Weldman (24) en Dean Thomas (24), het oornag aan die hartsnare van duisende mense gepluk.

’n Video van die drie wat op hul lunch break in Engels en Afrikaans sing en rap, het in die sosiale media viral gegaan.

THREE PEACE: Die trio is hoopvol dat hul talente raakgesien sal word. Foto: Jonathan Lestrade

Weldman vertel: “My poetry het begin toe ek in gr. 10 was.

“Ek het daai jaar gedruip en was die enigste een van my klas wat moes agterbly.

“Ek kon nie met enige iemand praat oor hoe ek voel nie en ek het begin boek en pen vat en begin empha­sise hoe ek voel,” sê hy.

Vir Weldman is musiek ’n manier om sy emosies uit te druk.

“Ek het nog nie record nie, want die struggle is tough.

“Dis nie dat ’n mens nie wil nie, maar somtyds is dit ’n struggle om oor die vele hurdles te kom wat in jou pad val,” sê hy.

MUSIEK: Christopher Gilbert, Tyrone Weldman en Dea
MUSIEK: Christopher Gilbert, Tyrone Weldman en Dean Thomas se liefde vir musiek het hulle saamgebring. Die drie maak nou lekker musiek saam. Foto: Jonathan Lestrade

Thomas se passie vir musiek het ook in die kerk begin.

Voordeel

“In ons gemeenskap is daar gangsters en drugs en dit verkort jou lifespan.

“So die beste om te doen is om jou talent tot jou voordeel te gebruik.”

Die talentvolle drie manne sê hulle sal aanhou saam musiek maak en hoop hul talente word raakgesien sodat­ hulle hul drome kan uitleef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters