2 maande gelede
Drie kids kry seer in crash
toneel: Dít is glo ’n dronk man se skuld. foto verskaf  ~ 

’N BABA van net twee weke oud is een van drie kinders wat Dinsdagaand in ’n kop-aan-kop-botsing ernstig beseer is.

Die voorval het in Turfhall Road in Manenberg gebeur.

Die bestuurder van een van die motors was na bewering dronk.

Drie mans en drie kinders het In die ongeluk seergekry.

Die beseerde kinders is in verskeie privaat motors na die Rooi Kruis-kinderhospitaal geneem terwyl die mans na die Heideveld-daghospitaal geneem is.

Een van die buurtwaglede wat op die toneel was, beweer die bestuurder van die rooi Volkswagen Jetta was dronk en daar was verskeie drankbottels in die motor.

’n Vierjarige seuntjie se been is in die botsing gebreek.

Hy het ook ernstige mondbeserings opgedoen en moes ’n operasie ondergaan.

Insleepdienste

Albei motors is erg beskadig in die botsing.

Insleepdienste moes hulle van die toneel verwyder.

Die bestuurder van die rooi Jetta het na bewering die ongeluk veroorsaak. Hy woon in Manenberg.

Hy was saam met sy kinders in die motor toe die ongeluk gebeur het.

Die bestuurder van die ander motor is ook beseer en na die hospitaal geneem.

Die cops ondersoek die voorval.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters