9 maande gelede
Drie in hof vir moord op seun (2)
BraydenGraafF FOTO Verskaf  ~ 

BRAYDEN Graaff (2) van Atlantis se vermeende killers se verhoor het gister begin, maar moes vinnig weer uitgestel word. Renaldo Galant, Charlton Renier en Andrew Hendricks het gister vlugtig in die hof verskyn.

Brayden is op 22 Oktober 2016 deur ’n dwaal­koeël getref toe die beskuldigdes, wat volgens die staat lede van die G-Unit bende is, glo in Sampsonweg in Atlantis geskiet het. Hy was in sy ma se arms tydens die voorval.

Die drie staan tereg op aanklagte van moord, twee van poging tot moord, aanranding, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, asook die oortreding van die wet teen georganiseerde misdaad. Die hof het gister gehoor hul lawyers is nog nie gereed om voort te gaan nie.

Die saak is tot 14 Mei uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters