13 dae gelede
Drie afsonderlike brande eis drie se lewe
VERKOOL: Vlamme het die afgelope naweek verwoesting gesaai.Foto ter illustrasie:  ~ Jonathan Lestrade

DRIE mense het die afgelope naweek in drie afsonderlike brande verkool.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het die eerste brand Saterdag omstreeks 00:40 uitgebreek.

Carelse sê: “In die vroeë oggendure van Saterdag net voor 01:00 het die Stad se brand- en reddingsdienste gereageer op ’n shack wat in Happiness-straat in Wesbank in ligte laaie was.

“Die beampte in beheer het bevestig dit was ’n informele struktuur wat aan die brand was. Die lyk van ’n volwasse man is ontdek.”

Puin

Carelse sê die tweede voorval het gister vroegoggend in Geelhoutstraat, Delft-Suid, plaasgevind. Dit was toe ’n baksteenhuis vlamgevat het, sê hy.

“ ’n Man het net ná 02:00 tweedegraadse brandwonde aan sy gesig opgedoen en ’n vrou het noodlottige brandwonde opgedoen.”

Carelse sê verder nog ’n brand het gisteroggend omstreeks 04:00 in Mabindisa­singel in Bloekombos, Kraaifontein, uitgebreek.

Die lyk van ’n man is in die verbrande puin ontdek nadat verskeie shacks daar gebrand het.

Carelse sê die Stad se brand-en-reddingsdienste het al drie tonele aan die SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters