3 dae gelede
Drankmisbruik aan die toeneem
Nee: Daar is goeie redes om nie as tiener alkohol te gebruik nie. Foto: childworks.com  ~ 

STAD Kaapstad het oor die feestydperk meer as 13 000 bottels drank op strande gekonfiskeer.

Die stadsraad sê in ‘n verklaring daar is tussen 1 Desember 2019 en 9 Januarie 2020 sowat 13 474 bottels drank gekonfiskeer. Dit is ongeveer 7 747,93 liter drank.

JP Smith, mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, sê die getal kan selfs groter wees.

Smith sê daar word verskriklik hoë temperature vir die week voorspel, wat beteken dat meer drank gekonfiskeer kan word.

Hy voeg by dat mense ook baie kreatief is met maniere om alkohol te versteek.

“Die waatlemoen gevul met alkohol wat oor die Nuwejaarstydperk gekonfiskeer is, is maar een daarvan.

“Dit is ook ‘n bewys dat mense weet hulle optrede is onwettig, maar steeds voortgaan.”

Smith sê wanneer daar dan volgens die wet opgetree word, raak die einste mense oproerig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters