6 maande gelede
Dorp gons oor nare kaalfoto’s
baie bang: Dié vrou vrees dat sy ook in die porn-foto’s verskyn. Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – ’n Saggeaarde omie wat naaldwerk doen vir ’n bestaan is toe nie so onskuldig nie.

Dit volg nadat ’n memory card met die allervieslikste pornografie van kinders en oumense op die card gevind is wat glo aan hom behoort.

Johberk* (skuilnaam) vertel: “Die oom het gaan slaap.

“Toe lê daar twee memory cards langs hom.

“Die next oggend sien hy een card is weg. Die oom was soos ’n mal mens soos hy na die card gesoek het. Hy kon moor daarvoor.”

Volgens Johberk het hy toe die card in sy eie foon gesit.

Hy sê: “Toe kry ek ’n skok.

Daar was kaalfoto’s van sowat 12 vroue – kinders en grootmense – op. Van die meisies se geslagsdele is met vingers oopgerek en dan is daar van die binnekante foto’s geneem.

“Ander se geslagsdele was kaal geskeer. Ek het net ses van die vroumense herken.”

’n Pa het aan Son vertel: “Een naweek het my meisiekind daar by die oom gaan kuier. Vir naaldwerk.

“Maar as ons daar kom, sê hy net sy is safe. Sy slaap net. Die hele Saterdag deur.

“Ons vermoed nou dat hy sy slagoffers so dronk gemaak het totdat hulle tiep en dan het hy hulle kaal uitgetrek en foto’s geneem.

“Hy het selfs van sy eie familie kaalfoto’s geneem.”

’n Meisie het flou geraak toe iemand vir haar foto’s wys waar sy poedelnakend lê met ’n blink geskeerde onderlyf.

Geharde cops was stomgeslaan toe hulle die beeldmateriaal aanskou het.

Son het ook die vermeende huis van gruwels besoek.

’n Jong meisie het uit die kombuis gekom en gesê: “Ons het niks te sê nie. Neuk net uit ons huis uit.”

Gemeenskapslede wil nou die wet in eie hande neem om nog voorvalle te voorkom.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het gesê: “Daar is wel ’n saak aanhangig gemaak rakende die besit van pornografiese materiaal in terme van die Wet op Seksuele Misdrywe.

“Geen arrestasie is nog gemaak nie aangesien die geheuekaarte waarop beslag gelê is eers weggestuur is vir ontleding. Die ondersoek duur voort.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters