Verlede jaar
Dood in kar gemene deler
adv. Pete MihalikFoto: Peter Abrahams  ~ 

ADV. Pete Mihalik is op dieselfde manier dood as die slagoffers van die laaste saak waarmee hy doenig was.

Mihalik was ’n top lawyer wat graag bekende gang bosses, druglords en hoëprofiel-sakemanne in die hof verteenwoordig het.

Mihalik is Dinsdag­oggend voor sy seun se skool in Seepunt in sy kar doodgeskiet.

Die jongste saak waarmee hy doenig was, is dié teen die Cakasayo-broers Andile, Melikhaya en Nkosi­thandile, en Nyameko Daki.

Dié vier loop hof vir die moord op twee taxibase, Zithulele Luthuli en Si­khumbule Silwana. Hulle is op 25 Julie 2013 dood­geskiet.

Lede

Hulle staan ook tereg op drie aanklagte van poging tot moord omdat Celani Twazi, Bongani Mququ en Thamsanqa Nkuqwana in die skietery gewond is.

Hulle was almal lid van die Kikki Murray Taxi Association (KMTA), wat onder Cata val.

Andile het glo met Mququ gestry. Die beskuldigdes het glo na die KMTA-kantore by die Nyanga taxi rank gegaan.

Dit was om met Mququ en ander lede te vergader om die onderonsie te settle.

Toe Mququ-hulle egter in ’n kar daar opdaag, het die beskuldigdes hulle glo met vuurwapens ingewag.

Daar is na bewering op hulle gevuur terwyl hulle nog in die kar was.

Die saak is Donderdag in die Wynberg-landdroshof uitgestel.

Voortgaan

Na verneem word, is dit omdat die Cakasayo-broers en Daki nie regs­verteenwoordiging kan bekostig nie.

Die hof sou op 26 November hoor of Mihalik en die ander sou voortgaan om hulle te verteenwoordig.

Joshua Greeff het een van die broers met sy aansoek om borgtog gehelp.

Oor sy betrokkenheid by die saak sê Greeff: “Dis in dié stadium moeilik om enige­ kommentaar te lewer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters