21 dae gelede
‘Donkie’ ook in daai boot
Jerome ‘Donkie’ Booysen  ~ Jonathan Lestrade

’N VERMEENDE dik ding in die Wes-Kaapse bendewêreld beweer hy is deur dieselfde man getrack wat die vermoorde lt.kol. Charl Kinnear glo so fyn dopgehou het.

Jerome “Donkie” Booysen, vermeende leier van die Sexy Boys-bende, beweer die oudrugbyspeler Zane Kilian het sy movements via sy selfoon dopgehou.

“Ek het 3 September uitgevind Kilian het my foon gepin. Die rekords wys dat hy my foon van 6 Maart tot 18 September altesaam 139 keer getrack het.”

Booysen glo Kilian se dienste is deur ander gebruik sodat hulle presies kon weet waar hy op ’n spesifieke tyd sou wees.

Kinnear is op 18 September voor sy huis doodgeskiet.

Booysen beweer adv. Wil­liam Booth se bewegings is ook so dopgehou. Booth het in April vanjaar ’n aanslag op sy lewe survive.

Hy was in sy garage by sy huis in Higgovale, Kaapstad, toe twee gewapende mans met maskers – sommer dié wat ’n mens dra teen Covid-19 – op hom losgebrand het.

Booth het aan Son gesê hy weet ni of sy foon getrack word nie, maar hy sal die moontlikheid ondersoek.

Booysen self het al ses aanslagte op sy lewe survive.

“Ek en my ondersoekspan is besig om vas te stel wie tracking op my selfoon gedoen het die laaste drie keer toe daar op my geskiet is.”

Booysen sê hy beoog nie om ’n saak te maak nie, “maar die polisie is welkom om ook my rekords te gebruik om die suspect te nail”.

Booysen sê hy weet goed wie Kilian betaal het om na bewering op hom te spy.

“Ek wil net hê hy moet dit admit. Hy moet ook ophou stront kwytraak van ’n Mohammed wat hom betaal het om vir Kinnear te track. Hy weet dis ’n k*kstorie.

“Ek skuld niemand niks, nie eens die regering nie. So, vir my kan hy nie sê hy het my getrack vir skuldinvordering nie.”

Booysen sê toe hy uitvind van die tracking, het hy dadelik na Kilian gesoek.

“Hulle kom met die millennial-goed, maar dis ’n ou storie dié.

“Dis ook nie net die underworld wat hierby betrokke is nie, want organised crime kan nie net op een been staan nie. Dis soos ’n slang met twee koppe.”

Nafiz Modack Foto: Peter Abrahams

Geweier

Booysen sê die polisie moet kyk na Kilian se beweerde betrokkenheid by ander skietvoorvalle in Kaapstad. “Die mense vir wie hy (na bewering) ’n diens gelewer het, is bekend daarvoor dat hulle nie sal skroom om iemand uit te haal wat in hul pad staan nie.”

Kilian het na bewering vir Nafiz Modack, ’n vermeende dik ding in die onderwêreld, ’n diens gelewer. Dié het geweier om kommentaar te lewer oor Kilian.

“Die polisie moet hul werk doen en dié arresteer wat die beskermingsdienste by Kinnear se huis weggevat het.

“Hulle moet ook ophou om my naam in hul binnegevegte te gebruik. Die minister moet die generaals afdank; húlle het Kinnear gefaal.”

Kilian is weer op 5 Oktober in die hof vir die moord op Kinnear. Die staat het klaar aangedui hy gaan borgtog teenstaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters