Verlede maand
Dolverlief ná kid se dood
Jeremiah RuitersFOTO: Verskaf  ~ 

DIE liefde blom steeds tussen klein Jeremiah Ruiters se ma en haar berk, al sit hy nog in die tronk en sy is buite.

Abigail Ruiters en Ameerudien Peters loop hof vir die eenjarige Jeremiah se dood en ook die mishandeling van sy twee ouer sussies. Peters het glo ook die kind verkrag.

Terwyl Ruiters bedags gewerk het, het Peters na haar drie kinders, insluitend Jeremiah, gekyk.

Jeremiah is op 12 Junie 2017 by die kliniek in Kensington dood verklaar nadat Peters met hom daar opgedaag het.

Luidens die hofdokumente is hy dood aan beserings wat met ’n stomp én ’n skerp voorwerp toegedien is. Die kind het ook bytmerke aan sy geslagsdele gehad.

Intussen het Ruiters ook in die Pollsmoor-gevangenis die lewe geskenk aan haar en Peters se kind terwyl sy op borgtog gewag het. Daar is borgtog aan haar toegestaan, maar nie aan hom nie.

Die twee het gister in die Kaapse hooggeregshof verskyn, maar die saak is uitgestel omdat daar nie genoeg hofordonnanse was nie.

Arrestasie

Hulle twee het toe die tyd in die beskuldigdebank gebruik om op te catch. Terwyl ’n polisieman Peters geboei het, het Ruiters langs hom gaan staan en iets in sy oor gefluister, waarna hy reply het: “Love you too.”

Die saak is Maandag weer voor in die Kaapse hooggeregshof, waar ’n cop na verwagting oor Peters se arrestasie sal getuig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters